Spring na inhoud

Broer Seimoer Mammadof word in die tronk gesit omdat hy as gevolg van gewetensbeswaar weier om militêre diens te doen

20 OKTOBER 2022
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan skend EHMR se uitsprake en stuur Seimoer Mammadof tronk toe omdat hy weier om by weermag aan te sluit

Azerbeidjan skend EHMR se uitsprake en stuur Seimoer Mammadof tronk toe omdat hy weier om by weermag aan te sluit

Op 22 September 2022 het die Goranboi-distrikshof in Azerbeidjan die 22-jarige broer Seimoer Mammadof tot nege maande tronkstraf gevonnis omdat hy as gevolg van gewetensbeswaar geweier het om militêre diens te doen. Hy is dadelik ná die uitspraak in die hof in hegtenis geneem. Hierdie uitspraak is direk in stryd met twee uitsprake deur die Europese Hof van Menseregte (EHMR) met betrekking tot Azerbeidjan.

Sedert 2019 het die EHMR twee uitsprake teen Azerbeidjan gelewer – Mamedov and Others v. Azerbaijan en Mekhtiyev and Abilov v. Azerbaijan. Albei uitsprake ondersteun die reg van Jehovah se Getuies om militêre diens vir godsdienstige redes te weier, ’n reg wat deur die EHMR onder Artikel 9 van die Europese Konvensie gewaarborg word.

In albei die sake het die regering van Azerbeidjan teenoor die EHMR erken dat hulle die regte van ons broers geskend het en gesê dat hulle bereid is om ons broers te vergoed vir al die skade wat veroorsaak is. Maar deur die regte van broer Mammadof te skend, het die regering van Azerbeidjan hierdie uitsprake deur die EHMR heeltemal geïgnoreer.

Seimoer Mammadof is op 4 Mei 2022 eers na die Staatsdiens vir Mobilisasie en Diensplig van die Goranboi-streek opgeroep. Hy het sy Bybelse standpunt aan die amptenare verduidelik en gevra om alternatiewe burgerlike diens te doen. Die amptenare het Seimoer se redelike versoek geweier. Ten spyte van die druk het broer Seimoer moedig standvastig gebly.

Seimoer word op die oomblik in die stad Ganja aangehou. Ten spyte van die moeilike omstandighede bly Seimoer positief. Hy het gesê dat hy sy geloof met omtrent 30 mense wat saam met hom in die sel is, kon deel. Hy het selfs gesê dat party van hulle in die Bybel se boodskap belangstel.

Seimoer se regsgeleerde het appèl aangeteken. Ons hoop dat die Ganja-appèlhof ’n regverdige uitspraak sal lewer en ons broer uit die tronk sal vrylaat.

Daar bestaan geen twyfel dat Jehovah sal aanhou om Seimoer gedurende hierdie moeilike tye te ondersteun nie. – Jesaja 43:2.