Spring na inhoud

14 DESEMBER 2015
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan ignoreer die dringende versoek om Irina Zachartjenko oor te plaas

Azerbeidjan ignoreer die dringende versoek om Irina Zachartjenko oor te plaas

Azerbeidjan het die VN se Menseregtekomitee se dringende versoek geïgnoreer om Irina Zachartjenko uit die tronk vry te laat en in ’n mediese fasiliteit of onder huisarres te plaas. Op 10 Desember 2015, ’n week nadat die regering die versoek ontvang het, het die verhoorregter geweier om haar oor te plaas. Sy word al tien maande lank aangehou en ly weens die gevolge van wanvoeding, uiterse slaapontneming en hewige sielkundige druk.

Die regter het ook ’n voorstel afgekeur om Walida Jabrajilowa, die ander Getuie wat tereg staan, na huisarres oor te plaas.

Die volgende verhoor is op 17 Desember 2015 in die Pirallahi-streekhof in Bakoe.