Spring na inhoud

19 MEI 2015
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan verleng die aanhouding van twee vroue

Azerbeidjan verleng die aanhouding van twee vroue

Azerbeidjan se Departement van Nasionale Sekuriteit (MNS) het die aanhouding verleng van twee verhoorafwagtende Getuies van Jehovah, Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa. Op 17 Februarie 2015 het die MNS ’n kriminele aanklag van verspreiding van Bybellektuur sonder die “gepaste toestemming” teen die vroue ingedien en hulle in die tronk gesit. Op 7 Mei 2015 het die Sabail-distrikshof beslis dat hulle tot 17 Julie in die tronk moet bly. Die hof het mosies afgekeur om die tronkstraf na huisarres te verander. Die regsverteenwoordigers van die Getuies het teen die onregverdige tronkstraf geappelleer en het besorgdheid uitgespreek oor die vroue se emosionele, fisiese en geestesgesondheid. Die owerheid stel nog steeds in verband met ander Getuies ondersoek in.