Spring na inhoud

13 DESEMBER 2016
AZERBEIDJAN

Jehovah se Getuies appelleer boetes ontvang vir hulle predikingswerk

Jehovah se Getuies appelleer boetes ontvang vir hulle predikingswerk

Op 2 Desember 2016 het die polisie in Goranboi vir Zijad Dadasjof voor die plaaslike hof gebring in verband met sy bedrywighede as een van Jehovah se Getuies. Vier mans uit sy dorp het getuig dat mnr. Dadasjof oor sy godsdiensoortuigings gepraat en Bybellektuur aangebied het. Regter Sjirzad Hoeseinof van die distrikshof in Goranboi het hom skuldig bevind aan onwettige godsdiensbedrywighede * en hom met 1 500 manat (R11 370,00) beboet. Mnr. Dadasjof dink nie dat hy gestraf moet word nie en sal die beslissing appelleer.

In dieselfde streek het Jaarei Soeleimanowa en Goelnaz Israfilowa ’n vrou besoek wat hulle Bybelbesprekings oor die afgelope paar maande baie geniet het. Gevolglik het die polisie in Goranboi hierdie twee Getuie-vroue aangekla van godsdiensbedrywighede “buite die gebied wat wetlik daarvoor geregistreer is”. Op 17 November 2016 het regter Ismajil Abdoerahmanli van die distrikshof in Goranboi hulle albei met 2 000 manat (R15 160,00) beboet. Hulle appelleer die boetes.

Jason Wise, ’n regsgeleerde op die gebied van internasionale menseregte, sê: “Die diskriminasie teen Jehovah se Getuies in Azerbeidjan toon ’n gebrek aan respek vir die Europese Konvensie. Die land beweer dat hulle die wet op godsdiensvryheid voorstaan, maar die optrede van die owerheid in die Goranboi-distrik stem nie hiermee ooreen nie.”

^ par. 1 Jehovah se Getuies is in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan, as ’n godsdiens geregistreer. Mnr. Dadasjof is aangekla onder die Administratiewe Skendingskode, Artikel 515.0.4, “’n godsdiensvereniging wat werksaam is buite die gebied wat wetlik daarvoor geregistreer is”.