Spring na inhoud

8 DESEMBER 2015
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan word dringend versoek om Irina Zachartjenko na huisarres oor te plaas

Azerbeidjan word dringend versoek om Irina Zachartjenko na huisarres oor te plaas

Op 3 Desember 2015 het die VN se Menseregtekomitee ’n dringende versoek toegestaan in verband met Irina Zachartjenko waarin die regering van Azerbeidjan versoek is om haar onmiddellik van die tronk na “huisarres of na ’n ander geskikte plek” oor te plaas. Besorgdheid oor haar verslegtende gesondheid het aanleiding gegee tot hierdie dringende versoek.

Irina Zachartjenko en nog ’n Getuie, Walida Jabrajilowa, word reeds tien maande lank aangehou terwyl hulle vir die verhoor wag. Op 10 Desember 2015 sal die Pirallahi-distrikshof in Bakoe die verhoor van die twee vroue begin wat na bewering die strafwet oortree het omdat hulle “sonder toestemming” godsdienslektuur aangebied en met ander oor hulle oortuigings gepraat het.