Spring na inhoud

10 FEBRUARIE 2017
AZERBEIDJAN

Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa vrygespreek deur die Hooggeregshof van Azerbeidjan

Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa vrygespreek deur die Hooggeregshof van Azerbeidjan

Op 8 Februarie 2017 het die Hooggeregshof van Azerbeidjan Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa vrygespreek nadat hulle skuldig bevind was op aanklagte dat hulle godsdienslektuur sonder die Staat se toestemming versprei het. Regter Hafiz Nasibof, ’n lid van die Kriminele Raad van die Hooggeregshof, het gesê dat die twee vrouens volgens die hof nie die wet oortree het nie, en daarom het die hof die beslissings van die laer howe ter syde gestel.

Gedurende die verhoor het me. Zachartjenko en me. Jabrajilowa se regsgeleerdes beklemtoon dat die regering die twee Getuie vrouens se basiese menseregte geskend het deur hulle onregverdig te behandel. Die hof het albei vroue toegelaat om te vertel wat hulle alles moes deurmaak gedurende die 11 maande wat hulle in verhoorafwagtende aanhouding was, en watter uitwerking dit op hulle gehad het.

Jason Wise, ‘n regsgeleerde op die gebied van internasionale menseregte, het gesê: “Ons is baie bly dat die Kriminele Raad van die Hooggeregshof die skuldigbevindings gekanselleer het. Dit is die eerste keer dat die beslissings van laer howe teen Jehovah se Getuies in Azerbeidjan gekanselleer word. Ons hoop dat die Bakoe Sabail-streekhof ook hierdie twee vrouens se reg op vergoeding sal toestaan.”