Spring na inhoud

22 NOVEMBER 2018
AZERBEIDJAN

Jehovah se Getuies word erken as ’n godsdiensassosiasie in Bakoe, Azerbeidjan

Jehovah se Getuies word erken as ’n godsdiensassosiasie in Bakoe, Azerbeidjan

Op 8 November 2018 het Azerbeidjan se Staatskomitee vir Godsdiensverenigings Jehovah se Getuies in Bakoe, die hoofstad van Azerbeidjan, wetlik geregistreer. Ons broers geniet nou meer wetlike beskerming sodat hulle openlik in die stad kan aanbid en die predikingswerk kan doen.

Ons hoop dat hierdie positiewe beslissing dit vir ons mede-aanbidders in ander dele van die land moontlik sal maak om ook wetlike registrasie te ontvang. Ons is dankbaar teenoor Jehovah dat goedgunstige regeringsamptenare ons aanbidding in Bakoe wetlik geregistreer het. — Filippense 1:7.