Spring na inhoud

12 APRIL 2016
AZERBEIDJAN

Azerbeidjan polisie ontwrig herdenking van Christus se dood

Azerbeidjan polisie ontwrig herdenking van Christus se dood

Op 23 Maart 2016 het polisiebeamptes in Gach die herdenking van Christus se dood—die heiligste godsdienstige gebeurtenis van die jaar vir Jehovah se Getuies—ontwrig en stopgesit. Die gebeurtenis is in ’n privaat woning gehou. Polisiebeamptes het ’n dokument gewys wat na bewering ’n hofbevel was wat hulle soektog gemagtig het en het persoonlike kopieë van godsdienspublikasies, insluitende Bybels, gekonfiskeer. Beamptes het toe almal wat die vergadering bygewoon het na die plaaslike polisiestasie geneem, hulle ondervra en hulle beveel om verklarings af te lê. Al die bywoners is vrygelaat nadat die polisie ’n protokol opgestel het oor ses manlike Getuies, wat daartoe kon lei dat hulle onder die Administratiewe Skendingskode aangekla word.