Spring na inhoud

15 JUNIE 2015
AZERBEIDJAN

Jehovah se Getuies doen ’n beroep op Azerbeidjan se regering om onregverdige aanhouding te beëindig

Jehovah se Getuies doen ’n beroep op Azerbeidjan se regering om onregverdige aanhouding te beëindig

Op 17 Februarie 2015 het die owerheid in Azerbeidjan twee vroue wat Jehovah se Getuies is, in hegtenis geneem omdat hulle met ander oor hulle oortuigings gepraat het. Hulle moet onder haglike toestande in die tronk vir hulle verhoor wag, asof hulle gevaarlike misdadigers is. Luister na ’n verteenwoordiger van die Europese Assosiasie van Jehovah se Christengetuies terwyl hy hulle situasie beskryf.