Spring na inhoud

7 JANUARIE 2016
AZERBEIDJAN

VN se Werkende Groep vra dat Azerbeidjan me. Zachartjenko en me. Jabrajilowa vrylaat

VN se Werkende Groep vra dat Azerbeidjan me. Zachartjenko en me. Jabrajilowa vrylaat

Die VN se Werkende Groep vir Arbitrêre Opsluiting het gevra dat Azerbeidjan Irina Zachartjenko en Walida Jabrajilowa vrylaat. Dit het gesê dat Azerbeidjan hulle eiemagtig laat opsluit het omdat hulle hulle reg op godsdiensvryheid vreedsaam uitgeoefen het, teen hulle gediskrimineer het op grond van hulle godsdiens en nie die internasionale norme van ’n regverdige verhoor nagekom het nie. Die Werkende Groep se besluit is nie net gegrond op hulle aanhouding voor hulle verhoor nie; enige vonnis wat hulle vir hulle godsdiensbedrywighede opgelê sal word, sal eiemagtig en diskriminerend wees.

Azerbeidjan het die vorige versoek van die VN se Menseregtekomitee vir Irina se vrylating, geïgnoreer. Weens swak gesondheid kon sy nie op 7 Januarie 2016 in die hof verskyn nie. Sal regter Akram Gahramanof internasionale wetgewing handhaaf wanneer die verhoor voortgesit word?