Spring na inhoud

In 2019 het orkaan Dorian die enigste Koninkryksaal op Groot Abaco-eiland in die Bahamas vernietig. ’n Herboude Koninkryksaal is onlangs toegewy

26 JANUARIE 2023
BAHAMAS

Herboude Koninkryksaal toegewy in die Bahamas

Herboude Koninkryksaal toegewy in die Bahamas

Broer Mark Sanderson gee die toewydingstoespraak

Op 7 Januarie 2023 het broer Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam, ’n herboude Koninkryksaal toegewy op Groot Abaco-eiland in die Bahamas. Die Koninkryksaal is in September 2019 deur orkaan Dorian vernietig. Die COVID-19-pandemie het die werk aan die Koninkryksaal stopgesit net drie weke voordat dit veronderstel was om in Maart 2020 voltooi te word. Konstruksievrywilligers het in 2021 teruggegaan om die projek te voltooi.

Broer Sanderson het entoesiasties in die toewydingstoespraak gesê: “Toe daardie orkaan die eiland getref het, het dit dalk baie dinge vernietig, maar beslis nie julle geloof nie. En dit het ook nie julle verhouding met God vernietig nie.”

Die gebou wat orkaanbestand is, is die enigste Koninkryksaal op die eiland. Dit word gebruik deur 49 verkondigers in twee gemeentes, ’n Engelse gemeente en ’n Haïtiaanse Kreoolse gemeente. Daar was 175 wat die toewydingsprogram bygewoon het en nog 167 digitale verbindings. Die toewydingsprogram het ’n ope dag ingesluit, wat deur Getuies en nie-Getuies bygewoon is.

Broer Jake Majure was een van die konstruksievrywilligers wat daar was toe hulle moes ophou met die noodlenigingswerk. Hy het gesê: “Dit was hartseer. Ons was besig om die huise baie vinnig reg te maak, en ons het beplan om die werk aan die Koninkryksaal te voltooi sodat dit vir die Gedenkmaal gebruik kon word toe die werk stopgesit was.” Hy kon in 2021 teruggaan om te help om die Koninkryksaal te voltooi en die ander huise te herstel.

Die toewyding van die Koninkryksaal was ’n gelukkige geleentheid

Broer Sanderson het ook gesê: “Hierdie Koninkryksaal wys dat ons as Jehovah se volk goed saam werk en lief is vir mekaar. Dit is wonderlik om nou in Januarie 2023 hier te kan wees en die voltooide gebou en die geluk van ons broers te sien.”

Ons is oortuig dat hierdie nuwe herboude Koninkryksaal groot eer op ons God, Jehovah, sal bring. – Esra 3:10.