Spring na inhoud

3 JUNIE 2022
BENIN

Die boek Matteus in Fon vrygestel

Die boek Matteus in Fon vrygestel

Op 29 Mei 2022 het broer Sylvain Bois, ’n lid van die Takkomitee in Benin, Die Bybel – Die goeie nuus volgens Matteus in Fon vrygestel. Die digitale Bybelboek is gedurende ’n vooraf opgeneemde program vrygestel en is deur middel van videoverbinding aan omtrent 7 000 verkondigers en belangstellendes gewys. Daar word verwag dat gedrukte kopieë in Desember 2023 beskikbaar sal wees.

Al was daar voorheen Bybels in Fon beskikbaar, bevat dit nie God se naam nie. Baie van die uitdrukkings in hierdie vertalings het ook nie die oorspronklike teks in die Bybel korrek weergegee nie. Dit is ook duur, en party winkels weier om Bybels aan Jehovah se Getuies te verkoop.

Die nuutste vertaling van die Bybelboek Matteus dra die regte betekenis van die oorspronklike taal in die Bybel oor. Byvoorbeeld, Matteus 10:28 sê: “Moenie dié vrees wat die liggaam doodmaak maar nie die siel kan doodmaak nie.” Die voetnoot vir hierdie vers verduidelik dat die woord “siel” in die oorspronklike taal eintlik “die vooruitsig op toekomstige lewe” beteken. Hierdie tipe kenmerke sal verkondigers help wanneer hulle belangstellendes in die bediening onderrig.

Die Fon-vertaalkantoor in Abomey, Benin

Broer Palle Bjerre, ’n lid van die Takkomitee in Benin, sê: “Daar word baie na die boek Matteus in ons publikasies verwys. Om hierdie akkurate vertaling van die Evangelie van Matteus te hê, gaan ons baie help om die goeie nuus te verkondig en ander daarvan te leer. Ons dank Jehovah en die vertaalspan vir hulle harde werk om hierdie vrystelling beskikbaar te maak.”

Ons is oortuig dat hierdie vrystelling ons broers en susters wat Fon praat, sal help om aan te hou om nader aan Jehovah te kom en om ander te help om dieselfde te doen. – Matteus 5:3.