31 MEI 2024
BENIN
Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Fon vrygestel
Op 26 Mei 2024 het broer Abdiel Worou, ’n lid van die Takkomitee in Wes-Afrika, die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Fon vrygestel. Dit het gebeur gedurende ’n spesiale program by die Byeenkomssaal in Abomey, Benin. Altesaam 920 broers en susters het die program in persoon bygewoon. En nog 6 188 broers en susters het by die program deur middel van videoverbinding ingeskakel. Gedrukte kopieë van die Christelike Griekse Geskrifte is uitgedeel aan dié wat die program bygewoon het. Die vrystelling was ook dadelik beskikbaar in oudio- en digitale formaat om afgelaai te word.
Ten minste tweemiljoen mense wat in Benin bly, praat Fon. Dit sluit die meer as 4 000 broers en susters in wat in 84 Fon-gemeentes en -groepe dien. Ná die vrystelling van Die Bybel – Die goeie nuus volgens Matteus in 2022 is nog ander boeke van die Christelike Griekse Geskrifte geleidelik digitaal in die taal beskikbaar gemaak.
Ons dank Jehovah saam met ons broers en susters wat Fon praat, dat hy sy Woord van waarheid aan so baie mense beskikbaar maak wat vandag volgens die wyse raad daarin wil lewe. – Johannes 17:17.