Spring na inhoud

Die Byeenkomssaal in Recife-stad, Pernambuco-staat, Brasilië, is erg beskadig

10 JUNIE 2022
BRASILIË

Oorstromings en grondstortings veroorsaak baie skade in Brasilië

Oorstromings en grondstortings veroorsaak baie skade in Brasilië

Vanaf 25 Mei 2022 is oorstromings en grondstortings in die noordooste van Brasilië deur swaar reën veroorsaak. Die state met die meeste skade is Alagoas en Pernambuco, waar daar ’n noodtoestand in 42 dorpe afgekondig is. Meer as 145 000 mense moes hulle huise verlaat, en ten minste 129 mense is dood.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters is dood nie

  • 3 verkondigers het ligte beserings opgedoen

  • 280 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 22 huise is erg beskadig

  • 23 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 Byeenkomssaal is erg beskadig

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee voorsien basiese dinge en vertroosting uit God se Woord aan meer 600 verkondigers

  • Al die noodlenigingswerk word gedoen in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Ons bid dat ons broers sal ‘aanhou om krag te ontvang by die Here’ terwyl hulle volhard gedurende hierdie natuurramp. – Efesiërs 6:10.