Spring na inhoud

Rekordhoogte reënval en modderstortings het baie skade in die bergagtige stad Petrópolis veroorsaak

23 FEBRUARIE 2022
BRASILIË

Swaar reën en modderstortings verwoes bergagtige stad in Brasilië

Swaar reën en modderstortings verwoes bergagtige stad in Brasilië

Op 15 Februarie 2022 het swaar reënstorms dodelike modderstortings in die bergagtige stad Petrópolis in die staat Rio de Janeiro, Brasilië, veroorsaak. Die ramp het huise en besighede vernietig. ’n Rekord van 26 sentimeter reën het in 24 uur geval.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • 1 broer is erg beseer en na ’n plaaslike hospitaal geneem. Ongelukkig het sy 2-jarige seuntjie gesterf nadat hy deur ’n modderstorting meegesleur is

  • Nog 1 broer het gesterf

  • 86 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 2 huise is vernietig

  • 15 huise is erg beskadig

  • 2 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer

  • Die kringopsiener en gemeentelike ouermanne voorsien kos, water en klere, asook geestelike ondersteuning aan die broers wat geraak is

  • Broers en susters wat hulle huise moes verlaat, bly tydelik by familielede of ander Getuiegesinne

  • Alle noodlenigingspogings volg COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Ons bid vir ons broers en susters wat deur hierdie ramp geraak is. Ons weet dat Jehovah ‘hulle harte sal vertroos en hulle standvastig sal maak’, veral dié wat geliefdes verloor het. – 2 Tessalonisense 2:16, 17.