Spring na inhoud

4 JANUARIE 2022
BRASILIË

Swaar reënstorms veroorsaak vloede in die noordooste van Brasilië

Swaar reënstorms veroorsaak vloede in die noordooste van Brasilië

Van 24 tot 26 Desember 2021 het swaar reën op die Bahia-staat in Brasilië neergestort en is meer as 640 000 mense daardeur geraak. Die vloede het veroorsaak dat damme inmekaarval en sodoende is ’n hele paar stede oorstroom en afgesny.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers is beseer nie

  • 273 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 109 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 3 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • ’n Noodlenigingskomitee (DRC) is aangestel om water, kos en klere te voorsien

  • Die verkondigers wat hulle huise moes verlaat, bly tydelik by familie of by ander verkondigers

  • Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Broer Marcelo Ambrósio, wat op die DRC dien, sê: “Dit het ons so aangemoedig om hierdie broederliefde in aksie te sien en dit het ons nog net meer vasbeslote gemaak om Jehovah in groter mate te dien.”

Ons weet dat Jehovah ’n “veilige skuilplek” sal wees vir ons broers wat deur die vloede geraak word. – Psalm 9:9.