Geskiedkundige gebeure in Bulgarye
19 MEI 2004 – Die EHMR aanvaar ’n ooreenkoms in die saak Lotter and Lotter v. Bulgaria. Die regering erken die Getuies se wetlike reg om hulle godsdiens te beoefen en met ander oor hulle geloof te praat sonder inmenging
16 APRIL 2003 – Regering erken die Herdenking van Christus se dood as ’n amptelike vakansiedag van Jehovah se Getuies, wat die Getuies toelaat om die dag af te vat by die werk
6 MAART 2003 – Jehovah se Getuies word geherregistreer onder die nuwe wet vir godsdienste
3 MEI 2001 – Die EHMR aanvaar ’n ooreenkoms in die saak van een van Jehovah se Getuies (Stefanov v. Bulgaria); die regering stem in om alle kriminele klagtes te laat gaan teen gewetensbeswaardes wat bereid is om alternatiewe burgerlike diens te doen
7 OKTOBER 1998 – Jehovah se Getuies word amptelik geregistreer in Bulgarye
9 MAART 1998 – As deel van die ooreenkoms wat deur die Europese Kommissie van Menseregte (nou die Europese Hof van Menseregte [EHMR]) aanvaar is, het die Bulgaarse regering ingestem om Jehovah se Getuies as ’n godsdiens te registreer
1994 – Bulgarye kanselleer die registrasie van Jehovah se Getuies nadat dit ’n beperkende wet op godsdiens aangeneem het
7 MEI 1992 – Bulgarye word die 26ste lidland van die Europese Raad
17 JULIE 1991 – Die regering registreer amptelik die Getuies se regsentiteit, Christelike Vereniging van Jehovah se Getuies
1944-1990 – Onder die Kommunistiese regering word die bedrywighede van Jehovah se Getuies verbied
6 MEI 1938 – Jehovah se Getuies ontvang wetlike erkenning
1888 – Vroegste rekord van Jehovah se Getuies in Bulgarye