13 FEBRUARIE 2024
CHILI
Dodelike veldbrande in Chili
Op 2 Februarie 2024 het baie sterk wind en warm weer twee groot en baie gevaarlike veldbrande in Chili se kusstreek Valparaíso veroorsaak. Die brande het meer as 15 000 huise in en om die digbevolkte stad Viña del Mar vernietig. Daar word geskat dat omtrent 40 000 mense deur die veldbrande geraak is. Baie mense het nog steeds nie elektrisiteit of water nie. Dit was nie maklik vir die brandweermanne, paramediese beamptes en ander om by die dele uit te kom wat geraak is nie. Volgens verslae is honderde mense beseer. Meer as 130 mense het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Ongelukkig het 1 suster gesterf
1 broer is ernstig beseer
24 broers en susters is ligtelik beseer
715 broers en susters moes hulle huise verlaat
72 huise is vernietig
2 huise is erg beskadig
1 huis is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig nie
Ongeveer 4 700 broers en susters bly in die gebied wat geraak is
Noodlenigingspogings
’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer
Verteenwoordigers van die takkantoor in Chili is na die gebied gestuur om ons broers en susters te versterk. Kringopsieners en ouermanne sien ook om na die geestelike en materiële behoeftes van dié wat geraak is
Ons is oortuig dat Jehovah die “moeilikheid en lyding” sien van dié wat deur die veldbrande geraak is en binnekort eens en vir altyd ’n einde aan natuurrampe sal maak. – Psalm 10:14.