Spring na inhoud

Vloedwaters oorstroom Doñihue (links) en Linares (regs), Chili

6 JULIE 2023
CHILI

Swaar oorstromings affekteer duisende in Chili

Swaar oorstromings affekteer duisende in Chili

Vanaf 22 tot 25 Junie 2023 het sterk storms die suidelike en sentrale dele van Chili getref met ’n reënval van meer as 58 sentimeter. Ongeveer 20 000 mense is deur die oorstromings geaffekteer. In die gebiede waar dit oorstroom het, is meer as 5 000 huise beskadig of vernietig. Duisende mense moet nog steeds hulle huise verlaat. Twee mense het gesterf, en nog twee word vermis.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie

  • 212 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 13 huise is erg beskadig

  • 38 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • Geen Koninkryksale of teokratiese fasiliteite is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Honderde vrywilligers help om huise wat beskadig is, skoon te maak en te herstel

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan diegene wat deur die ramp geaffekteer is

  • 2 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingspogings te organiseer

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Chili te vertroos en te versterk terwyl hulle deur hierdie moeilike tyd gaan. – 2 Tessalonisense 2:16, 17.