Spring na inhoud

Veldbrande woed deur die dorpie Ñipas in Chili in die Ñuble-streek

17 FEBRUARIE 2023
CHILI

Veldbrande veroorsaak verwoesting regoor Chili

Veldbrande veroorsaak verwoesting regoor Chili

Vir die tweede keer in minder as tien jaar het veldbrande groot skade in Chili aangerig. Vroeg vanaf Februarie 2023 het owerhede meer as 300 aktiewe brande regoor die land geïdentifiseer. Amper ’n vyfde van die brande is nog nie onder beheer nie. Die brande het meer as 430 000 hektaar grond in die sentrale dele van Araucanía, Biobío en Ñuble verwoes. Daar is berigte van skade aan belangrike dele van die land se infrastruktuur, insluitende paaie en hospitale. Ten minste 6 000 mense is deur die brande geraak, en meer as 1 500 huise is vernietig. Daar is berig dat 25 mense gesterf het.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Die uitgebrande huis van ’n suster in die stad Tomé, Biobío-streek

    Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 222 verkondigers moes hulle huise verlaat; 76 kon nog nie terugkeer na hulle huise nie

  • 18 huise is vernietig

  • Geen Koninkryksale is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Plaaslike ouermanne en kringopsieners voorsien liefdevolle geestelike ondersteuning aan dié wat deur die ramp geraak is

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer

In hierdie moeilike omstandighede kan ons broers en susters daarvan seker wees dat Jehovah, wat “ons [vertroos] wanneer ons deur moeilike tye gaan”, na aan hulle is. – 2 Korintiërs 1:4.