Spring na inhoud

2 MEI 2014
CHILI

’n Vernietigende brand in Valparaíso, Chili

’n Vernietigende brand in Valparaíso, Chili

PUENTE ALTO, Chili—Op 13 April 2014 het ’n wegholbrand wat deur sterk Pasifiese winde aangeblaas is, deur die historiese hawestad Valparaíso, Chili, versprei. Die brand het ten minste 15 mense se lewens geëis, en 500 is beseer. Ongeveer 2 900 huise is heeltemal vernietig, en meer as 10 000 mense is uit hulle huise verdryf.

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Chili berig dat een bejaarde Getuieman dood is. Verder het 89 Getuies hulle huise verloor. Baie van hulle het tydelik by medeaanbidders verblyf gekry. Die takkantoor het onmiddellik ’n noodlenigingskomitee gevorm wat hulp aan die slagoffers voorsien. Georganiseerde spanne vrywilligers het reeds met die opruimingswerk begin. Wanneer omstandighede dit toelaat, sal hulle begin om die ongeveer 28 huise van mede-Getuies wat deur die brand beskadig is, te herbou.

Jason D. Reed, ’n woordvoerder van Jehovah se Getuies in Chili, sê: “Ons is jammer om te hoor van die lyding van ons bure as gevolg van hierdie wegholbrand. Ons treur oor die dood van ons medegelowige, en ons bid vir dié wat vriende of familielede aan die dood afgestaan het. Ons sal voortgaan om noodleniging aan die slagoffers te voorsien, asook enigiets wat nodig is om hulle te help om die traumatiese nadraai van hierdie ramp die hoof te bied.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Chili: Jason D. Reed, tel. +56 2 2428 2600

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000