24 APRIL 2017
COLOMBIA
Verwoestende modderstortings in die suide van Colombia
Gedurende die vroeë oggendure van Saterdag 1 April 2017, het drie riviere oorstroom naby Mocoa, die hoofstad van die Colombiaanse provinsie Putumayo. Hierdie oorstromings het verwoestende modderstortings veroorsaak en honderde mense het hulle lewe verloor. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Colombia berig dat twee Getuies van Jehovah ongelukkig in die ramp gesterf het en dat nog een vermis word. Vyf Getuie-gesinne het ook hulle huise verloor. Jehovah se Getuies het begin met noodlenigingswerk om kos, drinkwater, brandstof en behuising aan die slagoffers te voorsien. Getuie-ouermanne bied ook geestelike ondersteuning aan diegene wat deur die ramp geraak word. Die takkantoor hou aan om die situasie te monitor en voorsien bykomende hulp waar dit nodig is.
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Colombia: Wilson Torres, +57-1-8911530
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000