Spring na inhoud

21 DESEMBER 2022
DEMOKRATIESE REPUBLIEK VAN DIE KONGO

Dodelike oorstromings en modderstortings tref Kongo (Kinshasa)

Dodelike oorstromings en modderstortings tref Kongo (Kinshasa)

Op 13 Desember 2022 het swaar reën oorstromings en modderstortings in Kongo (Kinshasa) veroorsaak. Ten minste 141 mense het gesterf toe buurte oorstroom is en geboue inmekaargeval het.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 1 broer gesterf

  • 1 verkondiger is beseer

  • 3 huise is heeltemal vernietig

  • 3 huise is erg beskadig

  • 5 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne vertroos broers en susters wat deur die storm geraak is, en voorsien praktiese hulp

  • 3 Noodlenigingskomitees is aangestel om die noodlenigingswerk te organiseer

  • Alle noodlenigingswerk word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Ons sien uit na die toekoms wanneer Jesus Christus volle beheer oor die aarde se natuurkragte sal uitoefen en die aarde en die mense sal beskerm. – Matteus 8:25-27.