Spring na inhoud

16 JANUARIE 2017
DEMOKRATIESE REPUBLIEK VAN DIE KONGO

Getuies help slagoffers van oorstromings in die Kongo

Getuies help slagoffers van oorstromings in die Kongo

Gedurende die week van 26 Desember was daar oorstromings in die dorp Boma, omtrent 470 kilometer suidwes van Kinshasa, in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Jehovah se Getuies help hulle mede-aanbidders asook ander slagoffers van hierdie ramp.

Altesaam 39 Getuie-gesinne is deur die oorstromings geraak, insluitende een Getuie wat sy lewe in die ramp verloor het. Verder is vyf huise van Getuies heeltemal vernietig en nog vyf is gedeeltelik beskadig.

Om in die onmiddellike behoeftes van die Getuie-slagoffers te voorsien, het die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Kongo kos en klere na die in die westelike dele van die land gestuur. Getuies in die stede Matadi en Muanda, omtrent 80 kilometer van Boma af, het vrywillig aangebied om hulle medeaanbidders te help.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vir die Kongo vanaf hulle hoofkwartier in Warwick, New York. Fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is, word hiervoor gebruik.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Demokratiese Republiek van die Kongo: Robert Elongo, +243-81-555-1000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000