Spring na inhoud

16 AUGUSTUS 2019
DENEMARKE

Jehovah se Getuies maak ’n Bybelmuseum in Denemarke oop

Jehovah se Getuies maak ’n Bybelmuseum in Denemarke oop

In Julie 2019 het ’n Bybelmuseum by die Skandinawiese takkantoor van Jehovah se Getuies oopgemaak. Die takkantoor is in die dorpie Holbæk in Denemarke wat omtrent 65 kilometer van Kopenhagen is. Die museum se tema is “Die Bybel en die goddelike naam in Skandinawië”.

Die museum het ’n unieke versameling van Bybels wat skaars en belangrik is in Deens, Faroëes, Groenlands, Yslands, Noors, Sami en Sweeds. Daar is meer as 50 Bybels by die uitstalling.

Een van die merkwaardigste items is die oorspronklike Gustav Vasa Bible van 1541. Dit is die eerste volledige Bybel wat in enige Skandinawiese-taal uitgegee is. Baie van die grammatika en woordeskat in die Sweedse-taal kom van die Gustav Vasa Bible. Dit het ook die volgende 300 jaar die hoofbron vir ander Sweedse Bybels geword.

’n Oorspronklike Gustav Vasa Bible van 1541 op uitstalling in die museum

Nog ’n Bybel wat baie skaars is, is die oorspronklike Christian III Bible van 1550 wat ook uitgestal word. Dit was die eerste volledige Bybel in Deens. Die Christian III Bible het gehelp om die standaard te stel vir die Deense-taal, en dit het ’n belangrike impak op ’n groot deel van Noord-Europa gehad.

’n Oorspronklike weergawe van die Christian III Bible van 1550

Erik Jørgensen van die Skandinawiese takkantoor sê: “Die nuwe Bybelmuseum wys die diep respek wat al eeue bestaan in Skandinawië vir God se Woord en sy naam, Jehovah.”