Spring na inhoud

25 JUNIE 2019
DUITSLAND

Berlyn, Duitsland – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Berlyn, Duitsland – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 14-16 Junie 2019

  • Plek: Olimpiese Stadion in Berlyn, Duitsland

  • Programtale: Engels, Duits, Russies

  • Bywoningshoogtepunt: 37 115

  • Aantal gedoop: 255

  • Aantal internasionale besoekers: 5 000

  • Genooide takkantore: Brasilië, Brittanje, Ecuador, Finland, Griekeland, Kanada, Pole, Skandinawië, Slowenië, Verenigde State

  • Plaaslike ondervinding: Besoekers het die bekende Pergamon-museum in Berlyn besoek as deel van die bedrywighede voor en ná die streekbyeenkoms. Nadat ’n sekuriteitswag ons broers wat die museum besoek het, dopgehou het, het hy gesê: “Baie mense is moedeloos omdat hulle nie geloof het nie. Maar dis baie duidelik dat julle geloof en liefde onder mekaar het.” Nog ’n sekuriteitswag het gesê: “Met besoekers soos julle vlieg die tyd verby, en ek gee nie eers om om oortyd te werk nie.”

 

Plaaslike broers en susters verwelkom internasionale byeenkomsgangers by die lughawe

Broers en susters assosieer met mekaar by die byeenkomsterrein

Besoekers, party in tradisionele drag, staan reg vir ’n foto

Broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak by Saterdag se middagsessie

Internasionale byeenkomsgangers luister na die program in Engels en maak notas gedurende een van die byeenkomssessies. Twee bywoners luister met oorfone na die radio-uitsending van die program

Broers en susters kyk Saterdag hoe mense gedoop word

Besoekers wat in spesiale voltydse diens is, waai vir almal aan die einde van die byeenkoms

Die Olimpiese Stadion in Berlyn, wat oorspronklik in 1936 voltooi is, op die eerste dag van die byeenkoms. Die stadion is voorheen gebruik vir die geskiedkundige internasionale byeenkoms wat in 1990 in Berlyn gehou is nadat die Berlynse Muur geval het

Internasionale byeenkomsgangers neem deel aan openbare getuieniswerk voor die bekende Brandenburgpoort in Berlyn

Internasionale byeenkomsgangers kom bymekaar in die Kolonnade Hof, naby die Pergamon-museum

Die gehoor klap hande aan die einde van ’n spesiale aand wat gehou is