Spring na inhoud

1 MEI 2013
DUITSLAND

Duitsland vereer een van Jehovah se Getuies met ’n merietetoekenning

Duitsland vereer een van Jehovah se Getuies met ’n merietetoekenning

SELTERS, Duitsland—Mathilde Hartl, een van Jehovah se Getuies, is op 22 Februarie 2013 die Bundesverdienstkreuz deur die eerste minister van Beiere, Horst Seehofer, toegeken. Hierdie merietetoekenning is die hoogste eerbewys wat die Bondsrepubliek Duitsland aan individue verleen vir dienste aan die nasie.

Mathilde Hartl, wat in Beiere woon, is vereer vir die langtermynversorging van haar gestremde seun Martin, nou 26 jaar oud. As kind is hy gediagnoseer met Duchenne-spierdistrofie, ’n progressiewe siekte wat die spiere aantas en verswak. Gevolglik staan Mathilde dikwels in die nag op om na sy behoeftes om te sien, onder andere om sy asemhaling te monitor en brongiale afskeidings uit sy lugpyp te verwyder om infeksie of longontsteking te vermy. Haar ander seun, Max, het dieselfde siekte gehad en was boonop verstandelik gestremd. Mathilde het jare lank liefdevol vir Martin en Max gesorg. Ongelukkig is Max in 2008 op 19-jarige ouderdom oorlede.

Toe daar vir Mathilde gevra is waar sy die krag kry om sulke omvattende sorg te voorsien, het sy geantwoord: “Van my godsdiensoortuigings. As een van Jehovah se Getuies het ek groot respek vir die lewe. So lank as wat ek kan, wil ek my seun help om ten spyte van sy gebrek soveel vreugde moontlik uit die lewe te put.”

Eerste minister Seehofer het Mathilde en die ander wat saam met haar vereer is, geprys en gesê: “Elkeen van julle het die wêreld ’n bietjie beter gemaak.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Duitsland: Wolfram Slupina, tel. +49 6483 41 3110

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000