Spring na inhoud

21 OKTOBER 2016
DUITSLAND

Die herdenking van die bevryding van Brandenburg vestig die aandag op Jehovah se Getuies

Die herdenking van die bevryding van Brandenburg vestig die aandag op Jehovah se Getuies

SELTERS, Duitsland—Op 24 April 2016 was Jehovah se Getuies die middelpunt van die 71ste herdenking van die bevryding van die Brandenburg-Görden-tronk.

Daniela Trochowski, Brandenburg se Staatsekretaris van Finansies, wat haar toespraak by die herdenking gee.

Die geleentheid is deur die Brandenburg-gedenkstigting (Stiftung Brandenburgische Gedenkstätten) geborg. Dit was op die gronde van die Brandenburg an der Havel-tronk (foto hierbo) gehou, wat omtrent 90 kilometer wes van Berlyn is. Meer as 200 gaste het dit bygewoon. Daniela Trochowski, Brandenburg se Staatsekretaris van Finansies, is genooi om ’n toespraak te gee. Sy het verduidelik: “Jehovah se Getuies is hier met die dood gestraf . . . omdat hulle as gevolg van godsdiensredes nie ‘Heil Hitler’ wou sê nie, omdat hulle niks te doen wou hê met staatsgeleenthede en -organisasies nie en omdat hulle geweier het om militêre diens te doen.”

Sigurd Speidel was een van die Getuies wat by die Brandenburg-Görden-tronk tereggestel is.

Gedurende die Nazi-regime het Adolf Hitler, wat toe die kanselier van Duitsland was, gesê dat Jehovah se Getuies ‘’n gebroedsel is wat uitgewis moet word’. Ongeveer 2 000 mense is tussen 1940 en 1945 by die Brandenburg-Görden-tronk (soos dit tydens die Nazi-regime genoem is) doodgemaak. Onder hulle was 127 Getuies, die grootste aantal mense van enige groep wat daar doodgemaak is.

Op 24 April het Jochen Fessenbecker, ’n verteenwoordiger van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Duitsland, as deel van die herdenkingsprogram ’n onderhoud met Werner Speidel gevoer. Mnr. Speidel het vertel dat sy ouer broer Sigurd een van die Getuies was wat by die Brandenburg-Görden-tronk tereggestel is. Op 27 Januarie 1943, minder as drie maande nadat Sigurd deur ’n krygshof gevonnis is, is hy op 19-jarige ouderdom onthoof. Gedurende die onderhoud het mnr. Fessenbecker die afskeidsbrief gelees wat Sigurd net ure voor sy teregstelling geskryf het. Mnr. Speidel het vertel hoe sy familie gereageer het op Sigurd se laaste woorde: “Dit het ons nie met vrees oorweldig om hierdie brief te lees nie. Ons was eerder trots op Sigurd omdat hy tot die dood getrou gebly het.”

Sigurd Speidel se afskeidsbrief aan sy gesin. Die gemerkte deel hierbo sê: “Ek het alles weerstaan en in alle opsigte soos ’n muur standvastig gebly.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Duitsland: Wolfram Slupina, 49-6483-41-3110

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000