20 MAART 2023
DUITSLAND
’n Man skiet mense by ’n Koninkryksaal in Hamburg, Duitsland
Soos vroeër berig is, het ’n man op 9 Maart 2023 die Hamburg-Winterhude-gemeente ná die Lewe en Bediening-vergadering aangeval. Nadat ’n hele paar van ons broers en susters doodgeskiet en gewond is, het die aanval opgehou toe die polisie die Koninkryksaal binnegegaan het. Die aanvaller het toe sy eie lewe geneem. Jehovah se Getuies in Duitsland en wêreldwyd is baie dankbaar vir die bewyse van meegevoel, liefde en simpatie wat van amptenare, organisasies en individue regoor die wêreld ontvang is.
Hoe ons broers en susters geraak is
Ongelukkig het 4 broers, 2 susters en die ongebore baba van ’n suster wat beseer is, gesterf
2 broers en 7 susters was beseer
Noodlenigingspogings
Verteenwoordigers van die takkantoor in Sentraal-Europa, twee kringopsieners en plaaslike ouermanne bied vertroosting en ondersteuning
As ’n verenigde broederskap bid ons vir almal wat deur hierdie tragedie geraak is. Jehovah is “’n vesting in moeilike tye”. En hy sal ons help om deur hierdie moeilike tye te kom terwyl ons aanhou met ons vreedsame aanbidding. – Nahum 1:7.