Spring na inhoud

Party van ons broers en susters wat besoekers verwelkom het, by die stalletjie met die tema “Die oudste moderne boek”

24 NOVEMBER 2023
ECUADOR

Die aandag word op die oudste moderne boek by die Internasionale Boekeskou in Ecuador gevestig

Die aandag word op die oudste moderne boek by die Internasionale Boekeskou in Ecuador gevestig

Van 20 tot 24 September 2023 is die negende Internasionale Boekeskou in Guayaquil, Ecuador, gehou. Meer as 30 000 besoekers het die geleentheid by die Guayaquil-ekspoplaza bygewoon. Ons broers het ’n stalletjie by die skou gereël met die interessante tema “Die oudste moderne boek”. Die uitstalling het gewys hoe die Bybel prakties is vir mense van alle ouderdomme. Publikasies was beskikbaar in Chinees Mandaryns, Engels, Portugees, Quechua (Chimborazo), Quechua (Imbabura) en Spaans. Omtrent 150 broers en susters het aan hierdie geleentheid deelgeneem. Meer as 700 gedrukte publikasies was aan dié gegee wat belanggestel het, en baie besoekers was gewys hoe om inligting op jw.org te kry.

’n Suster wys ’n besoeker hoe om publikasies van jw.org af te laai

’n Pa van tieners het na ons stalletjie toe gekom en gesê dat hy bekommerd is oor die uitdagings wat sy kinders het. Ons broers het verduidelik dat Bybelbeginsels tydloos is en jongmense nog steeds kan help om hulle probleme suksesvol te hanteer. Die man het die boeke Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1 en 2, gevat en gesê: “Ek het nooit verwag om boeke met sulke waardevolle inligting by hierdie skou te kry nie.”

Een vrou het na die stalletjie toe gekom en gevra of sy ’n Bybel kon kry. Sy het verduidelik dat sy in ’n gebied bly met baie sekuriteit, en daarom het sy min kontak met Jehovah se Getuies gehad. Ons suster het ’n persoonlike kopie van die Bybel vir die vrou gegee en die reëling vir ’n gratis Bybelstudie verduidelik. Daarna het die vrou opgewonde gevra dat iemand haar moet besoek deur die vorm op jw.org in te vul.

Getuies deel inligting met ’n man wat ons stalletjie besoek

’n Broer met die naam Diego, wat by die stalletjie gewerk het, het gesê: “Alhoewel baie mense die jw.org-logo ken, weet hulle baie min oor ons boodskap. Ek glo dat ons stalletjie hulle gehelp het om te sien hoe waardevol die Bybel vandag is.”

Ons is baie bly dat ons broers en susters in Ecuador ander mense kon help om meer te leer oor die praktiese wysheid in die Bybel, die wêreld se oudste moderne boek. – Spreuke 3:21.