Spring na inhoud

29 APRIL 2016
ECUADOR

Aardbewing in Ecuador

Aardbewing in Ecuador

Op 16 April 2016 het ’n aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal geregistreer het, die Pasifiese kus van Ecuador getref. Die aardbewing en die naskokke wat daarop gevolg het, het groot skade aangerig, en meer as 650 mense het gesterf. Hoewel die takkantoor van Jehovah se Getuies in Ecuador nie tydens die aardbewing beskadig is nie, is tientalle huise van die Getuies vernietig. Die nuutste berigte het ook bevestig dat een Getuie gesterf het. Die Getuies het vragmotors met kos en water na die rampgebied uitgestuur. Twee noodlenigingskomitees is onmiddellik deur die takkantoor gestuur om toesig te hou oor die noodleningingswerk, en hulle het twee noodlenigingsentrums opgerig, een in die stad Pedernales en die ander een in Manta. Vier verteenwoordigers van die takkantoor het ook die rampgebied besoek om geestelike ondersteuning te bied.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Ecuador: Marco Brito, tel. +593 98 488 8580

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000