Spring na inhoud

1 FEBRUARIE 2021
ERITREA

Eritrea laat nog drie van Jehovah se Getuies vry wat in die tronk was vir hulle geloof

Eritrea laat nog drie van Jehovah se Getuies vry wat in die tronk was vir hulle geloof

Op 1 Februarie 2021 het die regering in Eritrea een broer en twee susters uit die tronk vrygelaat. Hulle was tussen vier en nege jaar lank in die tronk vir hulle geloof. Ons hou aan om vir die 20 broers en susters te bid wat nog in die tronk is en wat lojaal aan Jehovah bly. – 2 Korintiërs 1:11.