Spring na inhoud

Satellietbeeld van sikloon Yasa en die eilande van Fidji wat geraak is

7 JANUARIE 2021
FIDJI

Kategorie-5-sikloon Yasa tref Fidji

Kategorie-5-sikloon Yasa tref Fidji

Plek

Fidji

Ramp

  • Op Donderdag, 17 Desember 2020, het die kragtige tropiese sikloon Yasa die tweede grootste eiland van Fidji, Vanua Levu, getref

  • Yasa is die tweede sterkste sikloon wat in Fidji aangeteken is. Dit lyk asof die wind soms tot meer as 260 kilometer per uur gewaai het

  • Ten minste 30 gemeentes en afgesonderde groepe is in die gebiede wat geraak is

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Geen broers en susters is beseer nie

  • Volgens berigte moes 20 families hulle huis verlaat

  • Die sikloon het baie skade aan landerye veroorsaak. Dit het die hoofbron van kos vir 430 verkondigers in die gebied vernietig

Skade aan eiendom

  • 10 huise is vernietig

  • 25 huise is beskadig

  • 1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Die takkantoor in Fidji het drie Noodlenigingskomitees aangestel. Hierdie komitees het gehelp om nodige voorrade te voorsien aan verkondigers wat geraak is, soos vars drinkwater, klere, kos en seile. Die komitees het ook diegene gehelp wat hulle huis moes verlaat, om blyplek te kry

  • Verteenwoordigers van die takkantoor in Fidji sowel as kringopsieners in die gebied doen aanmoedigende besoeke op ons broers en susters wat geraak is

  • Almal wat betrokke is by die noodlenigingswerk en die besoeke, is gehoorsaam aan die COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Hoewel ons broers en susters baie verloor het as gevolg van hierdie kragtige storm, kan hulle sien hoe waar die woorde in Psalm 46:1 is: “God is ons skuilplek.”