Spring na inhoud

15 JANUARIE 2013
FIDJI

Tropiese sikloon Evan tref eilande in die Stille Suidsee

Tropiese sikloon Evan tref eilande in die Stille Suidsee

Soewa, FIDJI—In die middel van Desember 2012 het ’n kategorie 4- tropiese sikloon Fidji en Samoa getref. Die sikloon Evan, wat beskryf is as een van die ergste siklone wat Fidji in die afgelope 70 jaar getref het, het soveel verwoesting gesaai dat duisende mense hulle huise moes verlaat en die infrastruktuur beskadig is. Een verslaggewer het die skade in Samoa vergelyk met dié van die katastrofiese tsoenami van 2009.

Jehovah se Getuies het geen sterftes of beserings onder hulle aangemeld nie. Maar die sikloon het baie van die Getuies se huise beskadig. In Fidji het aanvanklike verslae aangedui dat meer as 80 huise van Getuies beskadig of vernietig is. Op die Samoaanse eiland Upolu is 47 Getuies deur die storm dakloos gelaat.

Slagoffers in Samoa wat dakloos gelaat is, is tydelik gehuisves in plaaslike huise van aanbidding wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, asook in die huise van ander Getuiegesinne. Verdere noodlenigingspogings in Samoa is deur die takkantoor van Jehovah se Getuies in Australië georganiseer. Teen 18 Desember is voedsel en higiëniese benodigdhede aan vier plaaslike gemeentes gestuur, en ’n vertaalkantoor van Jehovah se Getuies het skoon water voorsien. ’n Span Getuies het ook hard gewerk om beskadigde huise te herstel en om huise wat vol water en modder was, met water onder hoë druk skoon te spuit en te ontsmet. In Fidji het noodlenigingskomitees van Getuievrywilligers na die onmiddellike behoeftes van die rampslagoffers omgesien. Dieselfde komitees ondersoek nou die langtermynbehoeftes van mede-Getuies wie se gewasse deur die storm beskadig is.

Tevita Sadole, ’n mediawoordvoerder vir Jehovah se Getuies in Fidji, het gesê: “Ná hierdie ramp lê daar vir ons baie werk voor, maar ons is positief. Ons sien daarna uit om ons medegelowiges en bure te help.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Australië: Donald MacLean, tel. +61 2 9829 5600

Fidji: Tevita Sadole, tel. +679 330 4766

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000