Spring na inhoud

5 AUGUSTUS 2022
FILIPPYNE

Aardbewing tref die noorde van die Filippyne

Aardbewing tref die noorde van die Filippyne

Op 27 Julie 2022 het ’n aardbewing van 7,0 die eiland Luzon in die Filippyne getref. Die provinsie Abra was die ergste getref. Aardskuddings was so ver as Manila gevoel, sowat 400 kilometer daarvandaan. Meer as 2 000 naskokke was aangeteken.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie

  • 4 verkondigers is ligtelik beseer

  • 42 families moes hulle huise verlaat

  • 63 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 huis is erg beskadig

  • 13 Koninkryksale is beskadig

Noodlenigingspogings

  • 1 Noodlenigingskomitee is aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingswerk

  • Die plaaslike ouermanne moedig diegene aan wat geraak is

  • Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Die takkantoor het dadelik noodlenigingsvoorraad gestuur vir ons broers en susters in die areas wat geraak is. Hulle het ook gereël dat hulle tydelike blyplek het. Die plaaslike verkondigers het mekaar gehelp al was hulle ook deur die aardbewing geraak.

Ons het volle vertroue dat Jehovah ons broers en susters in hierdie “moeilike tye” sal red. – Psalm 50:15.