Spring na inhoud

5 AUGUSTUS 2019
FILIPPYNE

Aardbewings tref Filippyne

Aardbewings tref Filippyne

Op 27 Julie 2019 het twee aardbewings die klein eiland Itbayat in die Filippyne getref. Dit is omtrent 690 kilometer noord van Manila. Die aardbewings was onderskeidelik 5,4 en 6,4. Daar is 9 mense dood, 64 beseer en 266 huise vernietig. Volgens berigte is 2 968 mense deur die aardbewings geraak.

Nie een van ons broers het hulle lewe verloor nie. Maar een suster het ’n ligte besering opgedoen. Twee van ons broers se huise is ook erg beskadig.

Die takkantoor het ’n noodlenigingskomitee georganiseer om die broers en susters te help om die basiese benodigdhede soos kos en water te kry. Verteenwoordigers van die takkantoor het die broers en susters wat deur die aardbewings geraak is, besoek en hulle aangemoedig deur middel van die Bybel en praktiese hulp aangebied.

Ons bid vir ons broers en susters wat deur die onlangse aardbewings geraak is. Ons weet dat Jehovah, “die God van alle vertroosting”, sal aanhou om vir ons broers te sorg. – 2 Korintiërs 1:3.