18 NOVEMBER 2019
FILIPPYNE
Aardbewings tref die suide van Filippyne
Vanaf 16 Oktober 2019 het ’n reeks kragtige aardbewings die suide van Filippyne getref. Daar is 21 mense dood, meer as 400 mense is beseer en meer as 35 000 mense moes hulle huis verlaat. Ten minste drie van hierdie aardbewings was groter as 6,0. Daar is nog naskokke wat hierdie omgewing tref. Nie een van ons broers is dood nie, maar een van ons susters is beseer.
Vier Koninkryksale en 195 van ons broers se huise is baie erg beskadig. En nog 9 Koninkryksale en 351 huise is ook beskadig, maar nie so erg nie. Baie van ons broers bly in tente omdat dit nie veilig is om in hulle huis te bly nie.
Die takkantoor in Filippyne het twee noodlenigingskomitees aangestel om met die noodlenigingspogings te help. Ses takverteenwoordigers, insluitende drie Takkomiteelede, het die gebied wat deur die aardbewings geraak is, besoek om vertroosting en aanmoediging uit die Bybel te gee.
Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers te help wat deur hierdie aardbewings geraak is. – Psalm 70:5.