Spring na inhoud

Huise van ons broers wat beskadig is deur brande in die stad Taguig, Metro Manila

21 MEI 2019
FILIPPYNE

Brande in die Filippyne vernietig huise

Brande in die Filippyne vernietig huise

In Maart 2019 het ’n brand in die Filippyne 128 huise in die stad Calbayog, op die eiland Samar, vernietig. Gedurende die vorige maande was daar brande in die stad Taguig op die eiland Luzon. Altesaam sewe huise van Jehovah se Getuies is deur hierdie brande vernietig. Ons broers en susters wat hierdeur geaffekteer is, bly nou by ander Getuies wie se huise nie vernietig is nie.

Die takkantoor het vinnig gereageer en gereël dat kos, water en klere aan hulle voorsien word. Die plaaslike ouermanne het die broers wat geaffekteer is, geestelik en prakties gehelp. Twee noodlenigingskomitees met die ondersteuning van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie maak voorbereidings om die huise van ons medeaanbidders te herbou.

Ons vertrou dat Jehovah altyd ’n toevlug vir ons broers sal wees wat deur hierdie brande geraak is. – Psalm 62:8.