Spring na inhoud

11 SEPTEMBER 2019
FILIPPYNE

Skielike oorstromings in die Filippyne

Skielike oorstromings in die Filippyne

Op 28 Augustus 2019 het swaar reën veroorsaak dat die Talomo-rivier in Davao-stad oorstroom het. Volgens die regering het die oorstromings veroorsaak dat 545 gesinne hulle huise moes verlaat.

Die takkantoor in die Filippyne het laat weet dat 120 verkondigers in vyf gemeentes deur hierdie ramp geraak is. Baie van die verkondigers moes by die plaaslike Koninkryksaal gaan bly. Vloedwaters het drie huise van ons broers verwoes en vier beskadig.

Die takkantoor het ’n Noodlenigingskomitee (DRC) aangestel om vir die broers en susters wat geraak is, te sorg. Die DRC het al klaar gereël dat noodlenigingsvoorraad afgelewer word en dat die huise wat oorstroom is, skoongemaak word.

Ons bid dat ons broers en susters in Davao-stad vertroos sal word deur die broederlike liefde wat oorvloedig is selfs in hierdie moeilike tye. – Romeine 12:10.