5 AUGUSTUS 2024
FILIPPYNE
Tifoon Gaemi veroorsaak wydverspreide oorstromings in die Filippyne
Aan die einde van Julie 2024 het tifoon Gaemi a in die westelike dele van die Stille Oseaan ontstaan. Hoewel die kragtige tifoon nie die Filippyne getref het nie, het dit tot swaar reënval gelei. Die swaar reën het wydverspreide skade, oorstromings en modderstortings in die hoofstad Manila en omliggende gebiede veroorsaak. Daar word geskat dat 4,8 miljoen mense daardeur geraak is. Meer as 600 000 mense moes hulle huise verlaat en ten minste 39 het gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
155 verkondigers moes hulle huise verlaat, maar die meeste kon intussen na hulle huise teruggaan
2 huise is vernietig
11 huise is erg beskadig
42 huise is beskadig, maar nie te erg nie
11 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
6 Noodlenigingskomitees is aangestel om noodlenigingspogings te organiseer
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en praktiese hulp aan dié wat deur die oorstromings geraak is
Ons sal aanhou bid vir almal wat deur hierdie tifoon geraak is. Ons is dankbaar vir Jehovah wat ons ‘stabiliteit gee’ terwyl hy vir ons broers en susters ondersteun en sorg. – Jesaja 33:6.
a In die Filippyne word die storm supertifoon Carina genoem.