6 OKTOBER 2022
FILIPPYNE
Tifoon Noru tref Filippyne
Op 25 September 2022 het supertifoon Noru, wat plaaslik as Karding bekend staan, die Polillo-eilande in die Quezon-provinsie, Filippyne, getref. Die tifoon het later die Aurora-provinsie getref. Die wind het gemiddeld teen 195 kilometer per uur gewaai, en daar was rukwinde van meer as 240 kilometer per uur. Noru het wydverspreide skade aan huise, paaie en brûe veroorsaak, sowel as geweldige oorstromings.
Hoe ons broers en susters geraak is
Nie een van ons broers en susters het gesterf nie
180 families moes hulle huise verlaat
209 huise is beskadig, maar nie te erg nie
20 huise is erg beskadig
22 huise is vernietig
7 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
Noodlenigingspogings
2 Noodlenigingskomitees is aangestel
Die plaaslike ouermanne gee aanmoediging en praktiese hulp aan die verkondigers wat dit nodig het
● Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen
Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid wat deur die storm geraak is terwyl hulle beskerming soek by Jehovah.—Psalm 57:1.