Spring na inhoud

13 DESEMBER 2019
FILIPPYNE

Tifoon verwoes dele van Filippyne

Tifoon verwoes dele van Filippyne

Tifoon Kammuri, ook in die Filippyne bekend as Tisoy, het die Bicol-streek van suidelike Luzon op 2 Desember 2019 getref. Hoewel nie een van Jehovah se Getuies gesterf het of seergekry het nie, is 108 huise van Getuie-gesinne ernstig beskadig en 478 is gedeeltelik beskadig. Vyftien Koninkryksale is ook beskadig.

Omdat die storm soveel skade oor so ’n groot gebied veroorsaak het, het die takkantoor in die Filippyne agt Noodlenigingskomitees gevorm om geestelike en materiële hulp vir ons broers te gee.

Ons bid vir ons broers in die Filippyne en ons stem saam met die woorde van die psalmis: “Mag Jehovah jou antwoord in die dag van angs. . . . Mag hy vir jou hulp stuur uit die heiligdom.” – Psalm 20:1, 2.