Spring na inhoud

Twee van die drie huise van Getuies wat erg beskadig is deur die storm.

22 JANUARIE 2019
FILIPPYNE

Tropiese storm tref Oos-Filippyne en veroorsaak grondstortings en skielike oorstromings

Tropiese storm tref Oos-Filippyne en veroorsaak grondstortings en skielike oorstromings

Op 29 Desember 2018 het die tropiese storm Usman die derde grootste eiland in die Filippyne, Samar, getref. As gevolg van die storm was daar stortreën wat grondstortings en skielike oorstromings veroorsaak het. Ten minste 25 mense is dood en 42 is beseer. Altesaam is 22 835 huise beskadig.

Die takkantoor in die Filippyne het laat weet dat geen broers en susters in die storm gesterf het nie. Maar drie huise van ons broers is vernietig en vier is gedeeltelik beskadig. Een Koninkryksaal is ook beskadig. Onder die toesig van die takkantoor het ’n noodlenigingskomitee die nodige voorraad en tydelike behuising aan die families voorsien wat deur die storm geraak is.

Ons vertrou dat ons broers en susters wat deur die storm geraak is, sal aanhou om op Jehovah te vertrou. Hulle weet dat hy hulle sterk sal maak. – 1 Petrus 5:10.