Spring na inhoud

23 AUGUSTUS 2017
FILIPPYNE

Brand verwoes huise in Filippyne

Brand verwoes huise in Filippyne

Op 5 Augustus 2017 het ’n verwoestende brand uitgebreek in die Agdao-afdeling van Davao Stad, aan die kus van die Mindanao-eiland in die suide van die Filippyne.

Al is geen Getuies van Jehovah beseer nie, is die huise waarin 13 families gebly het, erg deur die brand beskadig, en 29 mense is hierdeur geraak. Slagoffers van die brand, wat hulle huise verloor het, is deur mede-Getuies blyplek gegee. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Manila het ’n noodlenigings-komitee aangestel om die verspreiding van noodlenigings-voorraad te organiseer.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer noodlenigings-pogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier, en hulle gebruik fondse wat aan die Getuies se wêreldwye predikingswerk geskenk is.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Filippyne: Dean Jacek, +63-2-224-4444