Spring na inhoud

20 JANUARIE 2020
FILIPPYNE

’n Vulkaan in die Filippyne blaas as in die lug en mag dalk uitbars

’n Vulkaan in die Filippyne blaas as in die lug en mag dalk uitbars

Op 12 Januarie 2020 is as deur die Taal-vulkaan in Batangas, Filippyne, sowat veertien kilometer in die lug geblaas. Die owerheid het mense wat naby die vulkaan woon, gewaarsku omdat hulle bekommerd is dat dit kan uitbars en baie mense se lewe in gevaar kan stel. Die Taal-vulkaan het meer uitbarstings as enige ander vulkaan in die land. Die owerheid het beveel dat tienduisende mense wat naby die vulkaan bly, hulle huise moet verlaat.

Sover het meer as 500 broers hulle huise verlaat en na veilige plekke gegaan, insluitende Koninkryksale en huise van ander Getuies. Nie een van ons broers of susters is beseer nie. Die Takkomitee het ’n Noodlenigingskomitee aangestel om na die behoeftes van ons broers en susters wat hulle huise moes verlaat, om te sien.

Ons bid dat ons broers en susters in die Filippyne sal aanhou om op Jehovah “ons skuilplek en sterkte”, te vertrou. – Psalm 46:1-3.