Spring na inhoud

29 DESEMBER 2017
FILIPPYNE

Filippyne deur twee tropiese storms getref

Filippyne deur twee tropiese storms getref

Aan die einde van Desember het twee verwoestende tropiese storms, Kai-tak (plaaslik bekend as Urduja) en Tembin (plaaslik bekend as Vinta), die Filippyne getref. Tienduisende mense is gedwing om hulle huise te verlaat as gevolg van vloede en modderstortings wat deur hierdie storms veroorsaak is.

Die storms het ses huise wat deur Getuies besit is, en twee Koninkryksale beskadig. ’n Totaal van 281 gesinne moes ook die gebied verlaat. Ons is hartseer om te sê dat ’n 24-jarige suster in Lanao del Norte in die vloed verdrink het.

Getuies in die omgewing het basiese noodlenigings-voorraad aan hulle broers geskenk. Verteenwoordigers van die takkantoor in die Filippyne gaan die gebied wat deur die storms geraak is, besoek om te sien wat die broers nodig het en om hulle geestelik en emosioneel te help.

Ons harte gaan uit na almal wat deur die ramp geraak is en wat geliefdes en besittings verloor het. Ons weet dat Jehovah sal aanhou om ons broers te vertroos en om praktiese hulp aan hulle te gee deur sy gees en organisasie terwyl die herstelwerk aanhou. — Psalm 9:9; Jesaja 51:12.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Filippyne: Dean Jacek, +63-2-224-4444