Spring na inhoud

12 NOVEMBER 2018
FILIPPYNE

Tifoon Yutu beweeg verder, tref die Filippyne

Tifoon Yutu beweeg verder, tref die Filippyne

Tifoon Yutu, wat op 24 Oktober die Noordelike Mariana-eilande as ’n supertifoon getref het, het op Dinsdag 30 Oktober Luzon, die grootste eiland van die Filippyne, getref. As gevolg van die storm het swaar reën oorstromings en dodelike modderstortings veroorsaak. Duisende mense moes die gebied verlaat en 11 mense is dood.

Die takkantoor in die Filippyne het laat weet dat nie een van ons broers of susters dood of beseer is in die storm nie. Maar 73 huise van ons broers sowel as 6 Koninkryksale is beskadig. Die takkantoor in die Filippyne organiseer die noodlenigingswerk.

Ons hou aan om te bid vir ons broers en susters in die Filippyne wat deur 18 tifone hierdie jaar geraak is. Ons vertrou saam met hulle op Jehovah, en ons weet dat hy ons sal ondersteun. — Psalm 55:22.