24 NOVEMBER 2017
FINLAND
Jehovah se Getuies sit hulle predikingswerk voort in Turku, Finland
HELSINKI — Slegs ’n paar dae ná die dodelike terreuraanvalle op 18 Augustus 2017 in Turku, Finland, het stadsbeamptes Jehovah se Getuies by die markplein terugverwelkom om met hulle openbare getuieniswerk voort te gaan.
Mnr. Teemu Rissanen, opsigter van die markplein in Turku, sê: “Die Getuies kan altyd by die markplein gesien word en maak ’n belangrike deel uit van die stadsgebied. As die Getuies in die verlede nie daar was nie, het die inwoners bekommerd geraak en gevra: ‘Waar is hulle?’ Die Getuies het ’n vriendelike en positiewe gesindheid en dit pas goed in by die atmosfeer van die markplein.”
Veikko Leinonen, ’n woordvoerder van die takkantoor in Finland, sê: “Ons waardeer dit dat die stadsbeamptes so vriendelik gereageer het, en dat die inwoners van Turku so opreg vir ons omgegee het. Beamptes het ons selfs toegelaat om tydelik gebruik te maak van ’n stalletjie wat veiliger is en meer skuiling bied. Ons is bly dat ons kan aanhou om met ons bure in Turku te praat oor die Bybel se vertroostende boodskap.”
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Finland: Veikko Leinonen, +358-400-453-020
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000