Spring na inhoud

8 AUGUSTUS 2019
FRANKRYK

Parys, Frankryk – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019

Parys, Frankryk – “Liefde faal nooit”!-internasionale streekbyeenkoms vir 2019
  • Datum: 2-4 Augustus 2019

  • Plek: Parc des Expositions de Paris-Nord Villepinte in Parys, Frankryk

  • Programtale: Duits, Engels, Frans, Roemeens, Russies, Spaans

  • Bywoningshoogtepunt: 37 809

  • Aantal gedoop: 265

  • Aantal internasionale besoekers: 5 500

  • Genooide takkantore: Brittanje, Chili, Côte dʹIvoire, Ecuador, Griekeland, Kanada, Kazakstan, Moldowa, Nieu-Kaledonië, Sentraal-Europa, Tahiti, Verenigde State, Zambië

  • Plaaslike ondervinding: Iemand wat by die byeenkomsplek werk, het die verkeer gesien as gevolg van al die karre en het gesê: “Raak julle mense nooit kwaad nie? Gedurende die streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies het niemand op hulle toeter geblaas nie, daar was nie padwoede nie, niemand was kwaad nie en niemand het ingedruk nie.”

    ’n Werker by ’n hotel waar die internasionale byeenkomsgangers gebly het, het gesê: “Ek het al baie groepe gesien, maar julle organisasie is die beste van almal. Dit lyk asof julle mense gelukkig is, en daar is so ’n mooi atmosfeer!”

 

Plaaslike broers en susters verwelkom internasionale besoekers by die lughawe in Parys

Broers en susters neem deel aan openbare getuieniswerk; die bekende Eiffeltoring is in die agtergrond

Broers en susters gesels buite die byeenkomsplek

’n Getroude paartjie word saam gedoop op die Saterdag

Internasionale besoekers in hulle tradisionele Tahitiaanse kleredrag luister na die byeenkomsprogram

Broer Anthony Morris, ’n lid van die Bestuursliggaam, gee die laaste toespraak op die Saterdag

Besoekende spesiale voltydse dienaars word op ’n videoskerm gewys terwyl hulle vir die gehoor aan die einde van Sondag se program waai

’n Broer demonstreer hoe om tradisionele Franse lekkernye te bak by die Bethel-opedag