Spring na inhoud

12 DESEMBER 2012
FRANKRYK

Frankryk gee geld terug wat wederregtelik van Jehovah se Getuies ingesamel is

Frankryk gee geld terug wat wederregtelik van Jehovah se Getuies ingesamel is

Op 11 Desember 2012 het die regering van Frankryk ná ’n 14 jaar lange regstryd 6 373 987,31 euro (R70 113 860,41) aan Jehovah se Getuies terugbetaal.

In 1998 het die regering beweer dat die godsdiensbydraes wat Jehovah se Getuies gemaak het, onderhewig is aan ’n verpletterende terugwerkende belasting van 60 persent, en in 2003 is gedeeltelike betaling geëis. Die Europese Hof van Menseregte het bevind dat Frankryk die godsdiensvryheid van Jehovah se Getuies geskend het deur die onwettige belasting, wat, indien hulle dit sou afgedwing het, die likwidasie van die Getuies se nasionale takkantoor kon beteken het en hulle Bybelonderrigtingswerk kon belemmer het. Aangesien die Hof beslis het dat die belasting onwettig was, begin die Franse regering nou die Hof se beslissing implementeer deur die ingesamelde geld, met rente, terug te gee en die Getuies se regskoste te betaal.

Mediaverteenwoordigers:

J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Frankryk: Guy Canonici, tel. +33 2 32 25 55 55

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000